Musiek is deel van die lewe.
By Anikanté Musiekskool leer en groei ons deur verskillende moderne musiekonderrigtegnieke. Ons glo dat 'n kombinasie van produktiewe lesse en gesonde oefentyd enigiemand sal motiveer om uit te blink in hul instrument. Musiekteorie is 'n belangrike deel van die aanleer van enige instrument. Om hierdie rede is basiese tot gevorderde musiekteorie deel van elke les.
"Die musiek is nie in die note nie, maar in die stiltes tussen in"
- Wolfgang Amadeus Mozart
Oor jou musiekonderwyser
Anika la Grange
BMus, PGCE & PGDip Disability Studies
Anika la Grange maak al meer as 20 jaar musiek en bestuur Anikanté Musiekskool vir meer as 6 jaar. Om studente van beginner tot gevorderde vlak te help is haar passie, tesame met self-leer van nuwe instrumente en onderrigtegnieke. Sy glo dat elke student anders is en op 'n unieke manier leer. Pas alles toe van tablette om te help met musiekteorie, tot bou blokkies om spiere in studente se hande vir hul instrument te versterk. Anika het 'n BMus met hoofvak in Uitvoering, Graad 8 in Fluit en Graad 8 in Musiekteorie, asook kwalifikasies in Ukulele en Kitaar. Sy word erken as 'n Unisa-musiekonderwyser en het verskeie studente gehelp met eksamens by Unisa, Rockschool, Royal School en Eisteddfod. Sy is ook by SACE geregistreer.